Tuesday, April 19, 2016


Ons begin vandag met die reeks van ''Reality'' wat handel oor wat is die realiteit van die Drie-Eenheid?  Waaroor gaan dit?  Wat behels dit?  Hoe werk dit? En ons gaan vandag kyk na God en Jesus en dan van volgende week af kyk ons na die Heilige Gees en die krag van die Heilige Gees.

Maar ek wil eers vir julle lees wat die Bybel sê in Johannes 1:1-2
"Heel aan die begin het die Woord reeds bestaan.  Die Woord was by God En die Woord was self God.  Hy was reeds in die begin by God! Woord het mens geword (Jesus) en by ons kom woon." 

Nou as ons kyk na die Drie Eenheid dan kan ons eerlik vir mekaar sê dat dit 'n moeilike topic is om te verstaan.  Maar die beste manier hoe ons dit kan doen is om die volgende te sê:

1. God word gesien as die sterk krag en fondasie waarop ons ons lewe kan bou.
2. Jesus is die een wat ons kan sien as 'n vriend, of leermeester.  Omdat Hy mens geword het weet ons dat Jesus dieselfde issues deurgegaan het nes ons.  En ons kan baie leer uit sy voorbeeld uit.

Okay, maar wat nou?

Kom ons gaan wys vir mense die Drie-eenheid.  Ons kan vir mense gaan ondersteuning en vriendskap wys.  Daardeur vertrou ons God om mense van Hom te kan leer deur dit prakties te kan doen!

Vra jouself die week af: Vir wie kan ek 'n ondersteunende vriend wees?  En waar kan ek vir mense God wys? 

No comments:

Post a Comment